Tuesday, October 27, 2009

Europese Prestige Toer

Europese Prestige Toer
Hierdie besondere toer is so gewild dat ons in 2010 twee van hulle aanbied. Die programme is presies dieselfde, net die datums verskil:
Toer I: 31 Julie – 12/16 Augustus
Toer II: 14 – 26/30 Augustus en is volbespreek
Met Passiespel: ±R36 650
Met verlengingsopsie: ±R45 980
Sonder Passiespel en verlengingsopsie: ±R25 485

Hierdie toer, deur ses van Europa se mooiste lande en stede, is Christine van Wyk-Toere se Prestige-toer. Dit word so genoem omdat die toer ‘n unieke kombinasie van pragtige natuur en wonderlike musiek, kombineer. Ons Europese Prestige-toer kan met of sonder die Passiespel, onderneem word.
Hongarye, waar jy aandete op 'n boot op die Donau geniet terwyl jy die verligte Boedapest bewonder, prikkel die hartsnare. Jy sal verlief raak op Praag, Tsjeggië se hoofstad - een van Europa se mooiste stede.
Mozart en Strauss is die hartklop van Wene en Salzburg. In Wene woon ons in die beroemde Hofburg-teater 'n uitmuntende musiekkonsert (Mozart en Strauss) by. In Salzburg geniet ons 'n Mozart-dinee, waartydens kunstenaars kleredrag uit die Mozart-era dra.
Ons besoek die sprokiesmooi Salzkammergut-dorpies Hallstadt, St Wolfgang en Mondsee (met die kerkie waar Maria in die rolprent The Sound of Music met kapt. Von Trapp getroud is).
Christine van Wyk-Toere neem jou ook na Europa se grootste onderaardse meer waar die Duitsers in 1944 gedurende die Tweede Wêreldoorlog 'n vliegtuigfabriek ingerig het. Van die ou werkwinkels en vliegtuigstukke is nog daar te sien.
Hitler se beroemde Arendsnes, die bergvesting waar die Führer se bewonderaars vir hom vir sy vyftigste verjaardag 'n ontspanningsplek gebou het, is een van die opwindendste stilhouplekke. Die plek is 'n ingenieurswonder en bied 'n ongelooflike uitsig sover die oog kan sien.
Oberammergau en die Passiespel volg - nog 'n hoogtepunt van die Prestige-toer, omdat ons van die beste sitplekke in die Passiespelsaal, wat 5 000 mense kan huisves, verseker is. Ons oornag twee nagte naby Oberammergau en kry so geleentheid om hierdie beroemde klein dorpie met sy beskilderde huise, fyn houtsnywerk en volop inkopiegeleenthede ten volle te benut.
Ons vertrek daarna lughawe toe vir ons aansluitingsvlug na Suid-Afrika.
Diegene wat die Prestige-toer na Switserland en Frankryk wil verleng, vertrek dan van Oberammergau na Chur in Switserland. Daarvandaan ry ons met die Alpetrein deur die groen valleie van Switserland na Zermatt om die Matterhorn te sien. Die Matterhorn is die simbool van Switserland en troon soos 'n oogtand die hoogte in.
Van Zermatt ry ons per bus deur die vrugbare Rhone-vallei na Chamonix in Frankryk vir 'n besoek aan Europa se hoogste berg, Mont Blanc. Die sweefspoor wat ons boontoe neem, is die hoogste ter wêreld. Die asemrowende panoramiese uitsig van bo af oor die Switserse en Franse Alpe bly jou altyd by. Dis 'n gepaste hoogtepunt aan die einde van die Prestige-toer.
Uit Chamonix kyk jy uit op 'n yslike, onbeskryflik mooi gletser wat laag teen die berg afloop.
Voordat ons uit Genève terugvlieg Suid-Afrika toe, besoek ons in hierdie kosmopolitiese stad die Calvyn-kerk en die indrukwekkende Hervormersmonument. Ons vertoef ook by Genève se bekende blomme-horlosie teenaan die meer.
Daar is geleentheid om vir oulaas heerlike Switserse sjokolade te koop voordat ons lughawe toe vertrek vir die terugtog na Suid-Afrika.
Die Prestige-toer is nie 'n jaag-en-kyk toer nie. Christine van Wyk Toere verseker dat dit 'n toer is waar ons die mooiste en beste van hierdie deel van die wêreld besoek, ervaar en geniet. Jy sal weer wil kom.

Elkeen wat belang stel om die indrukwekkende Passiespel-opvoering by te woon en terselfdertyd van Europa se mooiste plekke wil besoek, skakel Christine van Wyk-Toere by:
Tel nr: 012 546 4967
Faks: 012 565 5678
E-pos info@toere.co.za
Web : http://www.travelentoer.co.za/

Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, kan ook saam met Christine van Wyk-Toere se Prestige-toer gaan – met of sonder die Passiespel! Kontak ons op bogenoemde manier.
Moenie wag nie. Skakel vandag nog om die een kans in 10 jaar, die Passiespel, met ons Prestige-toer te kombineer!
Kom verwesenlik jou reisdroom!
Laat Christine van Wyk-Toere jou help.

No comments:

Post a Comment